Ons glo dat dit nooit te laat is om onderrig van ‘n hoë-gehalte te kry nie. Ons Volwasse Matriek Kursus sal jou op die pad na sukses sit. ‘n Helder toekoms lê voor jou!
As jy nooit die kans gehad het om ‘n graad 12 sertifikaat te kry nie, is daar steeds ‘n geleentheid vir jou om ‘n Matriek Kwalifikasie te kry. Ons Volwasse Matriek Kursus bied vir jou ‘n tweede kans aan. Maak gereed om jou kaartjie na ‘n beter toekoms te verdien!
Download a Brochure
Complete the form below and we will contact you as soon as possible.
Get a Call Back
Complete the form below and we will contact you as soon as possible.
Volwasse Matriek Kursus
Ons Volwasse Matriek Kursus is vir die wat nie Matriek geslaag het nie, of die wat nie hul finale eksamens kon voltooi nie. As jy wel Matriek geslaag het, maar nie tevrede is met jou resultate nie, kan jy na ons Matriek Opgradering Kursus kyk.
Wil jy dadelik in ‘n beroeps rigting gaan? Studeer een van ons beroeps-gebaseerde kursusse:
- Matriek Ekwivalente Kursus (geakkrediteer)
- Oop Toegang Kursusse (nie geakkrediteer nie)
Voordele van Volwasse Matriek
Daar is baie voordele wat jy sal kry vanuit ‘n Volwasse Matriek Kursus. Dit is ‘n goeie manier om nuwe beroeps geleenthede te kry wat jou gereed sal maak vir sukses. Watter nuwe geleenthede sal jy hieruit kry? Kyk na die volgende voordele:
- Studeer verder
- Kry meer werks geleenthede
- Verbeter jou CV
Studeer verder
Of jy nou jou beroep wil bevorder deur in laer posisies ondervinding te bou of deur dadelik in ‘n hoër posisie te begin, vereis meeste geakkrediteerde kursusse dat jy ‘n Matriek Sertifikaat moet hê. Met ‘n Matriek Kwalifikasie sal jy in verskillende rigtings verder kan studeer.
Kry meer werks geleenthede
Wanneer jy Volwasse Matriek slaag, sal jy toegang hê tot meer werks geleenthede wat beter pas by jou belangstellings en werks doelwitte.
Verbeter jou CV
Al het jy jare se ondervinding in jou loopbaan veld, kan dit moeilik wees om ‘n werks geleentheid te kry in ‘n ander besigheid of om jou posisie te bevorder as jy nie Matriek in jou CV het nie.
Ons Volwasse Matriek Kursus
Wil jy weet waar jy ‘n Matriek Kursus kan studeer? Die antwoord lê net hier by ons! Ons kan jou help om jou studie doelwitte ‘n werklikheid te maak.
Toelatingsvereistes
Jy hoef slegs ‘n paar toelatingsvereistes te voldoen om met ons te studeer. Die vereistes is glad nie so streng soos die van ander onderrig instansies nie. Ons wil hê dat ons kursusse so toeganklik as moontlik moet bly vir mense wat gewillig is om te studeer. Hier is wat jy sal benodig:
- Jy moet 21 jaar oud of ouer wees
- ‘n Graad 9 sertifikaat of ‘n ekwivalent (ABET Sertifikaat)
- Onvolledige Matriek uitslae (as jy nie Matriek geslaag het nie)
- Die vermoë om in Engels of in Afrikaans te kan lees en skryf
Is Volwasse Matriek dieselfde as Matriek?
Ja, dit is dieselfde! Die sertifikaat wat jy sal ontvang aan die einde van jou Volwasse Matriek Kursus is identies aan die sertifikaat wat jy sou ontvang na jou (NSS) Nasionale Senior Sertifikaat eksamens. Die belangrikste deel is dat jy ook die goedkeuring stempel van Umalusi sal kry op jou Volwasse Matriek Sertifikaat.
Waar kan ek studeer met my Matriek?
Wonder jy oor wat jy kan studeer na jy jou Matriek Sertifikaat ontvang het? Ons is hier om te help. Jou tyd met ons kollege hoef nie te eindig na jou finale Matriek eksamens nie. Ons bied verskeie kursusse aan waar jy nog beter kwalifikasies kan verdien:
Hoe lank vat dit om jou Volwasse Matriek te kry?
Dit vat tussen 1 en 3 jaar om jou Volwasse Matriek kwalifikasie te kry. Dit hang af hoe vinnig jy deur jou kursus kan werk. Daar is egter geen rede om vinnig klaar te maak nie. Met ons kan jy studeer op jou eie tyd.
Volwasse Matriek Eksamens
Jou finale eksamen is die hoogtepunt van jou Volwasse Matriek Kursus. Dit is belangrik om te onthou dat hierdie eksamens op ‘n ander tyd as die NSS-eksamens plaasvind. Die Volwasse Matriek Eksamen vind plaas elke jaar in Mei/Junie.
Wat het ek nodig om Matriek te slaag?
Daar is drie hoof slaag vereistes wat gebaseer is op jou finale uitslae. Dit sluit die Nasionale Senior Sertifikaat Pas, Hoër Sertifikaat Slaag, Diploma Pas, en Baccalaureus Pas in. Hoe beter jou punte is, hoe hoër sal jou slaag vereiste wees.
Dit is ‘n goed om te weet wat die verskillende slaag vereistes is sodat jy die waarde uit jou Matriek sertifikaat kan kry.
Om jou matriek te slaag, moet jy:
- ‘n Minimum van 40% kry vir jou Huis Taal
- ‘n Minimum van 40% kry vir twee ander vakke
- Ten minste 30% kry vir jou vier ander vakke
Jy moet dus ‘n minimum van vyf vakke slaag. Jy sal ‘n Gewysigde Senior Sertifikaat vanaf Umalusi kry na jy jou Matriek geslaag het.
Hoe om jou uitslae te bereken
Matrikulante wat op skool studeer, kry ‘n gekombineerde punt wat bestaan uit hul finale eksamen en skool gebaseerde assesserings. As ‘n volwasse student sal jou finale punt slegs uit jou matriek eksamen uitslae bestaan.
Hoe werk die klasse?
Wanneer jy met ons studeer, het jy nie nodig om enige klasse by te woon nie. Ons is ‘n afstandsonderrig kollege, so jy kan studeer vanuit die gemak van jou eie huis. Hierdie is die perfekte keuse vir werkende studente. Jy hoef nie van klas tot klas te hardloop na ‘n besige dag nie.
Hoe om jou vakke te kies
Jy moet ses vakke kies om vir Matriek te registreer. Drie van die vakke is verplig, terwyl jy die ander drie self kan kies. Hierdie is ‘n baie belangrike stap in jou Matriek besluite. Jou vak keuse sal afhang van watter loopbaan jy wil volg. Jy kan met ons kursus spesialiste praat as jy steeds onseker is van jou vak keuse. Hulle sal jou in die regte rigting kan stuur.
Jou verpligte vakke sluit jou Huistaal, ‘n Eerste Addisionele Taal, en Wiskunde of Wiskundige Geletterdheid in. Ons bied nie Lewensoriëntering aan nie aangesien dit ‘n praktiese komponent het.
Skills Academy is the word support in every way.
Slaag jou Volwasse Matriek Kursus met ons
Geniet die voordele van deeltydse studies wanneer jy kies om met ons te studeer. Jy hoef slegs in kontak te kom met ons kursus spesialiste om te begin. Jy kan:
- Ons bel op 0800 39 00 27 (geen ekstra kostes nie!)
- Ons kontak vorm invul sodat ons jou kan terugbel