Financial Accounting
Junior Bookkeeper Course: ICB National Certificate
Certified Senior Bookkeeping: ICB Certificate
Technical Financial Accounting: ICB National Diploma
Maak staat op ons Rekeningkunde Kursusse om vir jou al die nodige vaardighede te leer. Ons geakkrediteerde kursusse sal jou help om ‘n geloofwaardige en professionele kwalifikasie te verdien.
Het jy geweet dat rekeningkunde sedert die 19de eeu bestaan? Die gewildheid daarvan het in die moderne tyd net nog meer verhoog! As jy ‘n aanvoeling het vir syfers kan jy ook deel van die rekeningkundige wêreld word. Ons Rekeningkunde Kursesse sal jou help om ‘n stabiele beroep en talle werksgeleenthede te kry.
Download a Brochure
Complete the form below and we will contact you as soon as possible.
Get a Call Back
Complete the form below and we will contact you as soon as possible.
Voordele van Rekeningkunde Kursusse
Om een van ons Rekeningkunde Kursusse te studeer, is een van die beste besluite wat jy kan maak. Hierdie vaardighede sal jou gereed maak om in enige besigheid te werk of om in enige besigheid te gaan. Jou kennis kan die sukses van ‘n maatskappy direk beïnvloed. Ander voordele sluit die volgende in:
- Word erken
- Verwerf waardevolle vaardighede
- Jy sal in aanvraag wees
- Staan uit bo die res
- Hoër inkomste
Word erken
‘n Groot voordeel van hierdie kursusse is die feit dat elkeen geakkrediteer is. Hierdie beteken dat jy ‘n erkende kwalifikasie sal kry. Dit bewys dat jy aan die NQF se standaarde voldoen.
Verwerf waardevolle vaardighede
As jy op soek is na hoë-kwaliteit finansiële vaardighede, het ons presies wat jy nodig het. Ons kursus behels al die vaardighede wat jy sal nodig hê om ‘n finansiële kundige te word.
Jy sal in aanvraag wees
Of jy kies om te werk as ‘n eksterne finansiële konsultant of om deel te wees van die algemene finansiële departement, sal jou vaardighede in aanvraag bly. Rekeningkunde is ‘n stabiele loopbaan veld met baie geleenthede.
Staan uit bo die res
Is jy gereed om die besigheidswêreld in te gaan? Begin met een van ons Rekeningkunde Kursusse. Dit sal vir jou ‘n groot voorsprong gee bo ander kandidate en jy sal ‘n beter kans staan om aangestel te word.
Hoër inkomste
Daar is geen twyfel dat rekeningkundiges hoë salarisse verdien nie. Dis een van die vele belonings vir jou harde werk. Jy sal met al ons kursusse ‘n hoë salaris kan verdien. Ons kursusse is geakkrediteer, so jy sal ‘n kwalifikasie kry wat deur ‘n professionele liggaam goedgekeur is. Ons kursusse word ook internasionaal erken, so jy kan jou kwalifikasie gebruik om op enige plek vir werk aansoek te doen. Hierdie verseker dat jy ‘n hoër salaris sal verdien as jy een van ons kursusse studeer.
Ons Rekeningkunde Kursusse
Dit is nou die kans om jou liefde vir berekeninge te ontwikkel na ‘n suksesvollle beroep! Ons bied ‘n verskeidenheid rekiningkunde kursusse aan met verskillende voordele en vereistes. Vir al hierdie kursusse moet jy kan lees en skryf in Engels.
Finansiële Rekeningkunde Kursusse
Begin jou finansiële rekeningkunde loopbaan met ons. Ons bied vier verskillende ICB Finansiële Rekeningkunde Kursusse aan met unieke vaardighede wat jy kan leer. Jy sal uitvind hoe om met proefbalanse te werk en hoe om rekenaar-gebaseerde boekhouding te doen.
Ons bied die volgende aan:
- Junior Boekhou Kursus: ICB Nasionale Sertifikaat
- Gesertifiseerde Senior Boekhouding: ICB Sertifikaat
- Tegniese Finansiële Rekeningkunde: ICB Nasionale Diploma
- Gesertifiseerde Finansiële Rekeningkunde: ICB Nasionale Diploma
Toelatingsvereistes: Jy sal ‘n graad 10 sertifikaat benodig om aansoek te doen.
Kan Ek In Afrikaans Studeer?
Ongelukkig kan jy nie die ICB-kursusse in Afrikaans studeer nie. ICB-kursusse is slegs beskikbaar om in Engels te studeer. Daarom sal al jou studiemateriaal, werkopdragte en eksamens almal in Engels wees.
Waar kan ek Rekeningkunde Kursusse in Suid-Afrika studeer?
Daar is geen beter plek om Rekeningkunde Kursusse te studeer as met ons nie. Die groot voordeel? Jy kan van enige plek in Suid-Afrika studeer te danke aan afstandsonderrig. Dit beteken dat jy uit die gemak van jou huis kan studeer terwyl jy al ons voordele ervaar.
Is dit die regte kursus vir my?
Sien jy jouself as ‘n toekomstige rekeningkundige? Dan is hierdie die perfekte kursus vir jou! Ons kursusse sal vir jou al die nodige vaardighede rakende besigheid en finansies leer sodat jy in enige industrie kan werk. Aangesien al ons kursusse geakkrediteer is, kan dit jou finansies ook ‘n hupstoot gee. Dinge raak nie beter as dit nie!
Vaardighede wat in elke finansiële veld benodig word
Ons kursusse sal jou toerus met tegniese vaardighede wat jy nodig sal kry om jou loopbaan te begin. Die vaardighede wat jy sal leer met ons kursusse help om te verseker dat jy altyd bo ander kandidate sal uitstaan. Dit sal jou ook help om al jou verpligtinge te voltooi en om die beste moontlike werk te kan lewer. Mense in die finansiële veld het die volgende vaardighede nodig:
- Goeie wiskundige vaardighede
- Analitiese vaardighede
- Uitstekende kommunikasie
- Klem op netheid
- Probleem oplossings vaardighede
- Aandag aan detail
- Kritiese denkwyse
- Gewillig om te leer
Werksgeleenthede in finansies
Hierdie kursusse is nie net vir die wat boekhouers wil raak nie. Daar is ‘n groot verskeidenheid van beroepe in die veld van finansies. Jy sal jare se ervaring nodig hê vir senior posisies. Ons kursusse sal jou voorberei vir intree-vlak posisies soos:
- Betaalstaat Administrateur
- Datavanger
- Krediteure Klerk
- Kleinsake-eienaar
Hou die volgende in gedagte: Alhoewel jy nie ‘n graad 12 sertifikaat benodig om meeste van ons kursusse te begin nie, vereis baie finansiële beroepe dat jy ‘n matrieksertifikaat moet hê.
Skills Academy is the word support in every way.
Dit is so maklik om met ons te studeer soos 1,2,3!
Is jy gereed om professioneel in finansies te gaan? Kontak ons vriendelike kenners en begin jou loopbaan met ons. Jy kan:
- Ons bel op 0800 39 00 27
- Ons kontakvorm invul sodat ons jou kan terugbel