Hou lae Matriek uitslae jou terug? Verbeter jou Matriek uitslae met ons Matriek Opgradering Kursus. Laat ons jou help om jou studies en geleenthede te verbreed.
Matriek is ‘n waardevolle toekenning om te hê, maar die vlak waarop jy Matriek slaag is ook belangrik. Dit is wat werklik waarde aan jou toekenning heg. As jy klaar gemaak het met hoërskool en beter Matriek uitslae wil hê, is ons Matriek Opgradering Kursus perfek vir jou. Verbeter jou uitslae vanuit die gemak van jou eie huis.
Download a Brochure
Complete the form below and we will contact you as soon as possible.
Get a Call Back
Complete the form below and we will contact you as soon as possible.
Voordele van ons Matriek Opgradering Kursus
Buiten beter Matriek uitslae, is daar baie ander voordele wat Matriek Opgradering kan bied. Van hierdie voordele sluit die volgende in:
- Kry die punte wat jy verdien
- Vermeerder jou studie geleenthede
- Verseker ‘n intree-vlak werks geleentheid
Kry die punte wat jy verdien
As jou Matriek uitslae nie al die harde werk wat jy ingesit het wys nie, is hierdie kursus die perfekte geleentheid om die punte te kry wat jy verdien. Ons Matriek Opgradering Kursus sal jou help om punte te kry waarop jy trots kan wees.
Vermeerder jou studie geleenthede
Het jou Matriek uitslae veroorsaak dat jy nie aan al die vereistes vir die kursus van jou drome voldoen nie? Jy staan ‘n beter kans om aan hoër toelatingsvereistes te voldoen met ‘n Matriek Opgradering.
Verseker ‘n intree-vlak werks geleentheid
Soms het jy slegs ‘n Matriek Sertifikaat nodig om vir ‘n intree-vlak werks geleentheid aansoek te doen. Met beter uitslae, sal jy ‘n hoër kans staan om aangestel te word.
Ons Matriek Opgradering Kursus
As Matriek Opgradering klink soos ‘n goeie keuse, kan ons jou help om voor te berei. Volg ons riglyne om te begin:
- Toelatingsvereistes
- Kies jou vakke
Toelatingsvereistes
Die toelatingsvereistes is nie so streng soos wat ‘n mens sal verwag nie. Jy het die volgende nodig om vir Matriek te registreer met ons:
- Jy moet 21 jaar of ouer wees
- ‘n Kopie van jou Matriek uitslae
- Jy moet kan lees en skryf in Engels of Afrikaans
Kies jou vakke
Jy het nie nodig om jou ou vakke oor te doen nie. Met ons kan jy kies waaroor jy eksamen wil skryf. Kies jou vakke sodat dit pas by die beroep wat jy wil volg.
Onthou: Ons Matriek Opgradering Kursus is vir studente wat reeds Matriek geslaag het en slegs hul punte wil verbeter. As jy nie die geleentheid gehad het om jou Matriek te doen of te slaag nie, kan jy ons Volwasse Matriek Kursus doen.
Hoe om jou Matriek uitslae te kombineer
As jy jou finale eksamen en Matriek Opgradering voltooi het, kan jy jou punte kombineer om die beste resultate te kry. Die Departement van Basiese Onderwys (DBE) sal slegs jou punte kombineer as jy daarvoor aansoek doen, of as jy aanvullende eksamens geskryf het.
Doen aansoek vir gekombineerde uitslae deur:
- Die aansoek vorm in te vul
- Jou studente status te verander teen ‘n koste van R153 (die prys is geldig vanaf 1 April 2022 tot en met 31 Maart 2023)
- Die nodige dokumente aan te heg (Matriek uitslae, bewys van betaling, en ID nommer)
OF
Laai die aansoek vorm af. Gee dit in by die naaste onderwys kantoor saam met die bogenoemde addisionele dokumente.
Die verskil tussen ‘n Matriek Opgradering en ‘n Matriek Herskryf
Alhoewel hierdie opsies dieselfde mag klink, is daar wel ‘n verskil tussen ‘n Matriek Opgradering en ‘n Matriek Herskryf. Elke kursus het sy eie toelatingsvereistes en doel. Die verskille sluit die volgende in:
- Matriek Opgradering – Herdie kursus is vir die wat Matriek geslaag het en slegs hul uitslae wil verbeter.
- Matriek Herskryf – As jy die vorige jaar se Matriek eksamen geskryf het en slegs twee vakke se uitslae wil verbeter of slaag, is ‘n Matriek Herskryf die opsie vir jou.
Hoe ons jou help met Matriek Opgradering
Matriek Opgradering is ‘n maklike proses as jy kies om met ons te studeer. Jy hoef geen in-persoon klasse by te woon nie. Aangesien ons ‘n afstandsonderrig kollege is, kan jy studeer vanuit die gemak van jou huis. Ons sal ook seker maak dat jy al die nodige hulpbronne het om jou uitslae te verbeter. Dit sluit die volgende in:
- Goeie tutors
- Vorige Matriek vraestelle
- Uitstekende studente ondersteunings dienste
Goeie tutors
Jy hoef nie jou studie doelwitte alleen te bereik nie. Ons kundige tutors is daar om jou met elke stap in die proses te help. Dit is baie makliker om jou Matriek uitslae te verbeter met hul hulp en leiding.
Vorige Matriek vraestelle
Berei vir jou eksamens voor deur gebruik te maak van verlede Matriek vraestelle. Dit sal jou help om gewoond te raak aan die onderwerpe en struktuur van jou eksamens.
Uitstekende studente ondersteunings dienste
Jy kan ons studente ondersteunings span kontak as jy enige hulp benodig of vrae het. Hulle sal jou help om probleem vrye studies te kan geniet.
Skills Academy is the word support in every way.
Verbeter jou Matriek uitslae met ons
Moenie uitmis op die geleentheid om die punte te kry wat jy verdien nie. Dit sal help om die gaping tussen jouself en ‘n suksesvolle toekoms te vul. Is jy gereed om te begin? Kom in kontak met ons kursus spesialiste vir meer inligting. Jy kan:
- Ons bel op 0800 39 00 27
- Ons kontak vorm invul sodat ons jou kan terugbel
Last updated: August 24, 2020
Contact us
Click the button to complete a form and we will contact you to help with any queries you might have