Beskikbare Kursusse
Sorry, we couldn't find any posts. Please try a different search.
Stel jy belang daarin om te werk met syfers, die administratiewe kant van ‘n besigheid, of hoe om ‘n besigheid te bestuur? Dan is ons geakkrediteerde ICB kursusse die perfekte keuse vir jou. Met ons ICB kursusse kan jy die besigheid sektor aanpak met al die nodige kennis en ‘n groot sukses van jouself maak!
Voordele van ICB kursusse
Die Instituut van Gesertifiseerde Boekhouers (ICB) bied hoë-kwaliteit kursusse aan wat gemik is om jou gereed te maak vir die werksplek van jou keuse. Jy sal ook die kans kry om met ‘n professionele lidmaatskap liggaam te registreer. Hier is ‘n paar ander voordele van ICB kursusse:
- Vinnige kwalifikasies – Daar is geen rede om te studeer vir jare voordat jy begin om ‘n werk te soek in jou veld nie. Na elke vlak van jou ICB program sal jy ‘n kwalifikasie behaal. Sommige vlakke kan so min as vier maande neem om te voltooi!
- Internasionale erkenning – Reis en neem jou kwalifikasies saam met jou. Met ICB kantore in Afrika, die Verenigde Koningkryk, Australië, Asia, en Oos-Europa, kan jy ‘n werksgeleentheid kry waarookal jy gaan.
- Leer skaars vaardighede – ICB kursusse is baie waardevol aangesien dit studente met skaars vaardighede toerus. Dit beteken dat jy ‘n beter kans staan om ‘n werk te kry en behou, aangesien hierdie vaardighede benodig word in die Suid-Afrikaanse arbeidsmark.
- Werk jou pad na bo – ICB kursusse is gebaseer op die bemeestering van verskillende vlakke. Dit beteken dat jy op ‘n junior-vlak begin en aanbeweeg na meer gevorderde vlakke terwyl jy jou kwalifikasies verdien soos jy deur die kursusse werk.

Wat sal ek leer tydens ICB Kursusse?
Ons kursusse sal jou ten volle voorberei met die vaardighede wat jy sal nodig hê gedurende jou professionele loopbaan. Of jy nou daarin belangstel om ‘n entrepreneur te raak, administratief te werk, of om met kapitaal te werk, weet net dat ons jou beste belang in ag neem. Die pad na die beroep van jou keuse begin net hier, by ons.
Ons ICB Kursusse
Die ICB hernu hul leer materiaal elke jaar, en ons maak seker daarvan om studente op hoogte te hou. Indien jy besluit om met ons te studeer, kan jy enige van ons drie ICB programme kies:
- Finansiële Rekeningkunde
- Besigheids Bestuur
- Kantoor Administrasie
1. Finansiële Rekeningkunde
Hierdie kursus dek al die belangrike aspekte van boekhouding. Jy sal meer leer oor grootboeke, besigheid belasting, en betaalstate, sowel as die rekenaar vaardighede wat hiermee gepaard gaan. Dit sal jou help om jou vaardighede toe te pas in die digitale wêreld.
Die kursus bestaan uit drie vlakke:
- Junior Boekhouer: ICB Nasionale Sertifikaat
- Gesertifiseerde Senior Boekhouding: ICB Sertifikaat
- Tegniese Finansiële Rekeningkunde: Nasionale Diploma
2. Besigheids Bestuur
Vanaf administrasie na finansiële bestuur en regs prosedures, is hierdie kursusse ‘n uitstekende manier om te sien hoe ‘n die interne struktuur van ‘n besigheid werk. Dit sal jou voorberei om te werk in ‘n nuwe of gevestigde besigheid deur aan te dui wat nodig is om elke departement te laat funksioneer.
Die kursus bestaan uit drie vlakke:
- Kleinsake Onderneming: Finansiële Bestuur Sertifikaat
- Besigheids Bestuur: Kantoor Administrasie Hoër Sertifikaat
- Diploma in Finansiële Rekeningkunde: Besigheids Bestuur
3. Kantoor Administrasie
Sonder administratiewe personeel sou kantore sukkel om ten volle te funksioneer. Met hierdie kursus sal jy leer hoe om daaglikse take as deel van die kantoor personeel te voltooi. Jy sal ook meer gevorderde vaardighede leer, soos hoe om voor te berei vir interne oudits.
Die kursus bestaan uit drie vlakke:
Toelatingsvereistes
Dit is nie die einde van die wêreld as jy nie jou matriek voltooi het nie. Jy kan ons ICB kursusse studeer met ‘n graad 10 of graad 11 sertifikaat. Jy sal ook geen vroeër rekeningkundige ondervinding benodig nie.
Ons ICB Kantoor Administrasie Kursus is die enigste kursus waarvoor jy matriek sal nodig hê. Jy kan egter besluit om ons ICB Oorbruggings Kursus te voltooi. Hierdie kursus sal vir jou ‘n sertifikaat gee wat op ‘n NQF vlak 3 is.
Kan Ek In Afrikaans Studeer?
Ongelukkig kan jy nie die ICB-kursusse in Afrikaans studeer nie. ICB-kursusse is slegs beskikbaar om in Engels te studeer. Daarom sal al jou studiemateriaal, werkopdragte en eksamens almal in Engels wees.
Hoe werk ICB Kursusse?
Die ICB is nie ‘n kollege nie. Hulle is slegs verantwoordelik vir die merk van ICB eksamens en om jou kwalifikasies te magtig. Die ICB bied nie enige ondersteuning of studie materiaal vir studente nie. Dit beteken dat jy eers moet registreer met ‘n geakkrediteerde instansie voordat jy met die ICB registreer. Die proses werk so:
Portefeulje van Bewyse
Die ICB vereis dat elke student ‘n Portefeulje van Bewyse (PoE) moet inhandig. Dit is basies ‘n werksboek wat al die toetse en assesserings bevat wat jy gedurende jou kursus aflê. Jy sal hierdie voor jou finale eksamens moet inhandig. Dit tel tot 30% van jou finale uitslae.
Eksamens
As jy besluit om voltyds te studeer, sal jy maandelikse eksamens moet voltooi. Indien jy afstands onderrig kies as jou leer metode, sal jy net vier keer elke jaar eksamens hê. Hierdie eksamens sal plaasvind by lokale wat deur die ICB goedgekeur is. Jou eksamens sal 70% van jou finale punt opmaak.

Waar kan ek ICB Kursusse studeer in Suid-Afrika?
ICB kursusse word aangebied as voltydse, deeltydse, en afstands onderrig programme. Hierdie kursusse is gepas vir enigiemand aangesien jy jou eie leermetode kan kies om jou kwalifikasies te verdien. Dit maak ICB kursusse gepas vir studente wat op kampus wil leer asook vir werkende studente wat hul loopbaan keuses wil verbreed.
Afstands onderrig
Is klaskamers nie jou ding nie? Met ons afstands onderrig kursusse sal jy nooit naby een hoef te kom nie. Jy kan vanaf jou eie huis werk en jou eie skedule volg. Dit sal jou die kans gee om te sorg dat al jou verantwoordelikhede voltooi word terwyl jy terselfdertyd ‘n nuwe kwalifikasie verwerf.
Is hierdie die regte kursus vir my?
Hierdie kursusse is gemik op studente wat ‘n passie het vir besigheid en finansies. As jy jouself wil voorberei daarvoor om jou plek op te werk in die besigheidswêreld, is hierdie kursusse gepas vir jou. As jy hard werk, sal sukses binne jou bereik bly.




Skills Academy is the word support in every way.
















Bemeester die kuns van besigheid met kursusse waarop jy kan staatmaak
Is jy gereed om die volgende stap in jou studies te neem? Moenie dit verder afstel nie! Maak vandag met ons kontak. Ons vriendelike kursus assistente is hier om al jou vrae te beantwoord. Kontak ons deur:
- Ons kontak-vorm in te vul sodat ons jou kan bel
- Ons te bel op ons tolvry lyn: 0800 39 0027